Chanté Retief
Chanté Retief
Tak Eienaar (Centurion, Eldoraigne) & Afrigter
Agtergrond:
-
Chanté is gebore op 24 Augustus 1994 in Pretoria. Sy was haar laerskool dae deurgebring by Laerskool Rooihuiskraal- waar sy al van kleintyd af lief geword het vir alles te doen met kultuur. Sy het begin sing onder leiding van Lizette Jonker. Sy het verskeie toekennings ontvang en was onderhoof dogter vir Kultuur. Sy het ook verskeie kere die kultuur beker gewen.
-
By Hoërskool Zwartkop kon sy verder haar liefde vir kultuur uitleef en het aan ‘n verskeidenheid van kultuur aktiwiteite deelgeneem en hoofrolle in verhoog produkies gekry. Chanté was aangewys as Die Veelsydigste Kultuur Leerling van Graad 8 tot 11. In 2011 het Chanté saam met Johan Fourie die wenner vir duete van Tehila, Radio Kansel se nasionale Gospel sang kompetisie.
-
Chanté was verskeie jare op die Top 10 van die National Eisteddfod Academy (NEA) en het in 2012 die prys gewen vir “Best Broadway” en “Best Dance”.
Studio Cha:
-
Chanté het al sangopleiding ontvang vanaf Graad 8 by Chantalle Schutte en Carlé Weber en het in 2012 amptelik aangesluit as ‘n voltydse afrigter.
-
In 2015 het Chanté haar eie Studio Cha tak oop gemaak in Centurion.
-
Ek het nog altyd geweet ek wil met jong mense werk en daar is geen beter plek as by Studio Cha nie. Ons is almal een groot familie.
-
Tesame met afrigting is sy ook deel van die bestuurspan van Studio Cha. Sy geniet elke oomblik en is opgewonde om saam met Studio Cha te groei.
-
Chanté het ‘n groot passie vir sing en hoop om eendag verhoog produksies te doen of selfs ‘n formele album uit te reik.
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede:
-
Sy het die geleentheid gehad om aan die finaal van Record Voice en Miss Record deel te neem in 2011 vir sing asook model.
-
Chanté het in 2011 Beste Geestelike lied algeheel gewen by Pretoria Beeld Eisteddfod.
-
Sy het deur die Nasionale Kompetisie SATCH gekies om in Orlando, Florida te gaan deelneem en Suid-Afrika te verteenwoordig vir Modelwerk en Sang.
-
Sy het in 2012 die toekenning vir die algehele wenner vir Graad 10 tot ouderdom van 25 ontvang by Pretoria Beeld Eisteddfod. Dit was ‘n groot prestasie vir haar.
-
Chanté doen ook graag backing vocals op verskeie bekende kunstenaars se albums.
-
Chanté het in 2011 ‘n platimun toekenning ontvang by SATCH en was 4de op die Top10. Sy het ook haar Graad 5 Unisa in musiek.
-
Chanté het al in verskeie Barnyard en Rockwood produksies opgetree as kunstenaar. Sy het al vir verskeie kunstenaars voorprogram gedoen onder andere Deon Groot en Bobby van Jaarsveld.
-
Chanté het in 2020 haar eerste enkelsnit ‘Tragedie’ vrygestel.
Ander Belangstellings:
-
Buiten Chanté se groot liefde vir sing het sy ook ‘n passie vir modelwerk. Sy het in 2011 die top 10 gehaal vir Miss Teen World SA. Sy is aangewys as Miss Teen Gauteng 2012. In 2013 het Chanté die geleentheid gehad om aan Miss Junior SA deel te neem en het top 6 geëndig.
-
In 2014 is Chanté gekies as finalis vir Apprentesses van Angelique Gerber.
-
Chanté is tans besig om haar graad te verwerf in Communication Science deur UNISA.
-
Chanté het ‘n diploma verwerf in TV en Radio aanbieding deur SABC.
-
In 2018 het Chanté haar internskap by Zavion Kotze Event Company voltooi en so haar droom van trou beplanner ‘n realiteit gemaak.
-
In 2019 het Chanté haar eie besigheid op die been gebring ‘Lily&Jane’ wat hoofsaaklik spesialiseer in blomme, dekor en funksie koordinering.
Persoonlik:
-
Chanté bly tans in Centurion, Pretoria.