Groepsang

Groepsang

Groepsang - Studio Cha

In vandag se musiekwêreld is groepwerk besig om ‘n belangrike vaardigheid te raak waarin alle sangers ervaring moet hê. By Studio Cha bied ons studente die geleentheid om hulleself op hierdie vlak ook verder te ontwikkel. Duete, trio’s, kwartette en groter groepe kan op ‘n voltydse of deeltydse basis geneem word. Studente leer hoe om te harmoniseer, hoe om te “blend” saam met ‘n ander stem/stemme en hoe om saam te werk in ‘n groep. Nica Schutze is die bestuurder van die Groepsang produk binne Studio Cha en is self ‘n aktiewe lid van ‘n sanggroep met die naam “The Royal Madnness”. Sy ploeg haar kennis en ervaring terug op hierdie manier.