Vocal and Performance Coaching (VPC)
Vocal and Performance Coaching (VPC)
Hierdie produk is uniek tot Studio Cha! Studio Cha volg ‘n holistiese benadering tot die ontwikkeling van ‘n student se sang talent. Ons glo nie net in die ontwikkeling van die stem nie, maar ook in die ontwikkeling van ons studente as ‘n “pakket” of kunstenaar. Vir hierdie rede sluit ons produk die volgende elemente in:
- Leiding met liedjie keuses en die aankoop van “backtracks”.
- Fasilitering van stem ontwikkeling en tegnieke.
- Hulp met verhoog beplanning en beweging.
- Leiding met die beplanning van uitrustings en “props”.
- Hulp met die kombinering van sang en beweging.
- Blootstelling aan plaaslike, nasionale en internasionale sang kompetisies.
- Blootstelling aan ‘n professionele “photoshoot”.
- Deelname aan ‘n professionele eind-jaar produksie of “show”.
- Geleentheid om aan die einde van die jaar ‘n demo CD op te neem.
- Geleentheid om ‘n musiek video te skep.
Ons beveel aan dat studente vir ‘n minimum tydperk van ‘n jaar by Studio Cha bly om die volle waarde van hierdie produk te verky. Indien ‘n student gekeur word vir Vocal and Performance Coaching ontvang die student ‘n uur intensiewe een-tot-een lestyd per week. Let wel dat Studio Cha nie vir skool vakansies sluit nie.