Hoekom Studio Cha?

Hoekom Studio Cha?

In Pretoria is daar meer as 50+ sang afrigters en sangskole om van te kies. Dit mag lyk na ‘n moeilike taak om die regte afrigter of instansie te kies. Hier is die belangrikste redes hoekom Studio Cha uitstaan:

Kwaliteit Afrigting

Studio Cha se grootste kenmerk is die kwaliteit van die afrigting in vergelyking met ander sangskole. By Studio Cha is die fokus nie op getalle en kwantiteit nie – maar op die afronding van elke individuele student. In baie gevalle is hierdie kwaliteit van Studio Cha die belangrikste rede waarom studente oorweeg om van sang studios te verander. Studente bereik soms ‘n “plato” in terme van hulle groei en is dan opsoek na die volgende vlak van sang opleiding – Studio Cha is hierdie volgende vlak.

Studio Cha is al bekroon met die volgende toekennings en spreek van ons kwaliteit::

  • 7 keer wenner van Beste Studio by Pretoria Eisteddfod
  • 7 keer wenner van die Beste Studio by Garsfontein Kunstefees
  • 5 keer wenner van die Beste Studio in Tshwane by die National Eisteddfod Academy (NEA) van Suid-Afrika
  • 3 keer wenner van die Beste Studio by die Kraal Kunstefees
  • 1 keer wenner van die Beste Studio by Music Legends Championship
  • Nommer 2 op die Top 10 van opleidings instansies in die Noordelike Streek van die National Eisteddfod Academy (NEA) van Suid-Afrika
  • Top 3 Beste Opleidings Studios by Talent Africa

 

Ons gebruik glad nie ons afrigters se “glans” of persoonlike status/profiele om die Studio Cha handelsmerk te bemark nie. Ons het genoeg vertroue in die kwaliteit van ons werk en ons produkte. Die studio se resultate is ‘n bewys van die kwaliteit van die afrigting wat gelewer word.

 

'n Eksklusiewe Fokus op Studente

Tydens 2020 vier Studio Cha haar 20ste bestaansjaar. Die studio was gestig in 2000 met die primêre doel om jong sangtalent te ontwikkel. En vir geen ander doel nie. By Studio Cha is ons studente ons primêre fokus. Nie ons (afrigters) se eie loopbane nie. In vandag se tye is dit so maklik om ‘n sangskool te open of om jouself te bemark as sang afrigter. In jou soektog na ‘n sangskool oorweeg die hoofrede hoekom die instansie bestaan. By Studio Cha is dit die missie wat ons dryf as afrigters. Ons intensie is suiwer en duidelik – ons wil sangtalent ontgin en ontwikkel omdat dit ons passie en liefde was oor die afgelope 20 jaar, en nog steeds is vir die volgende 20 jaar! Vir Studio Cha afrigters is sang opleiding ‘n hart-saak.

 

'n Netwerk van Professionele Kundiges

Ons voel baie sterk oor die feit dat Studio Cha nie op een individu/afrigter se skouers rus nie. Dit is ‘n span poging en ‘n kombinasie van verskillende talente, vaardighede en netwerke. By Studio Cha geniet studente vrye toegang, nie net tot hulle eie afrigter nie, maar ook toegang tot die kennis en ervaring van die res van die span. ‘n Klimaat vir optimale ontwikkeling word geskep en studente word aangemoedig om te groei.

 

Geleenthede

By Studio Cha skep ons geleenthede vir ons studente. Die Studio Cha ervaring bestaan uit meer as net ‘n weeklikse sangles. Die Studio Cha produkte is uitgewerkte kurrikulums vir die jaar wat bestaan uit ‘n kombinasie van verskillende ervarings en blootstellings geleenthede. Ons glo vas dat dit juis hierdie proses is wat Studio Cha studente eksponentieel laat groei in vergelyking met ander sangskole.

 

'n Sangfamilie

Studio Cha skep ‘n span gedrewe omgewing waar studente voel hulle “behoort”. Uniek aan Studio Cha is die “familie” kultuur waar ouers en studente mekaar nie ervaar as direkte kompetisie nie. In teendeel, ons studente ondersteun mekaar aktief by sang geleenthede/kompetisies en gun mekaar die voorreg om goed te kan presteer. Hierdie ondersteunende kultuur maak Studio Cha ‘n ideale omgewing vir die positiewe ontwikkeling van elke student se selfbeeld en self-vertroue. Hier word studente opgebou; nie afgebreek nie.

 

Unieke Fokus op Kunstenaar Ontwikkeling

Dit is goed en wel as ‘n student mooi kan sing en optree by die plaaslike Eisteddfod. Maar dan wat? Studio Cha gee hierdie volgende stappie na volwaardige kunstenaar wees. Ons kurrikulum is ontwerp om nie net sangers of sangeresse op te lewer nie, maar kunstenaars wat hulle eie liedjies kan skryf, ‘n instrument kan bespeel en aktief betrokke raak by die bou van ‘n sang loopbaan. Studente ontvang al hierdie vaardighede onder die mentorskap en leiding van die Studio Cha ervare span van afrigters. Studio Cha help om die brug na die industrie te bou saam met elkeen van die studente.