Liedjieskryf
Liedjieskryf
Ons Songwriting pakket fasiliteer studente in die skryf van oorspronklike liedjies. Carlé Weber, Crescendo Wenner en self kunstenaar in die musiek industrie bestuur hierdie produk binne Studio Cha. Dit raak al hoe belangriker vir opkomende kunstenaars om oorspronklike repertoire te hê. Die volgende elemente is ingesluit by die Liedjieskryf pakket:
- Leiding met die skryf van oorspronklike lirieke (Afrikaans of Engels).
- Hulp met die komponering van ‘n melodie.
- Leiding en fasiltering met die maak van ‘n “backtrack” of “arrangement”.
- Registrasie van oorspronklike lied by SAMRO (www.samro.org.za).
- Inskryf van die oorspronklike lied by sang kompetisies en ander optredes.
- Fasilitering van ‘n professionele stem opname van die lied.
- Hulp met die afronding van die “vocals” en “performance” van die liedjie.
Die eindproduk is ‘n professionele demo opname wat van so ‘n aard is dat dit gestuur kan word aan enige platemaatskappy of radio stasie in die land. Waar die Vocal and Performance Coaching produk hoofsaaklik fokus op stem ontwikkeling en aanbieding, fokus die Songwriting produk op die student se skeppings en kreatiewe vermoëns.
Die Songwriting produk is ‘n opwindende ontdekkingsreis waar ‘n student die kunstenaar in hom of haarself ontdek. Vir studente wat sang as ‘n toekomstige loopbaan oorweeg is liedjieskryf een van die belangrikste vaardighede wat ontwikkel moet word. Indien Liedjieskryf geneem word ontvang die student ‘n 30 minute een-tot-een sessie per week.