Ontmoet Ons Afrigters
Elkeen van ons afrigters is hier om ‘n verskil te maak in ‘n student se lewe
Studio Cha beskik oor ‘n groep dinamiese afrigters. Elkeen is hier om ‘n verskil te maak in ‘n student se lewe. Afrigting is ‘n hart-saak en dit word gesien in die puik vordering en spesiale prestasies wat studente bereik.
Die diversiteit in die span verseker dat ons elke student kan plaas by die afrigter wat ons weet gaan die beste saam met die student werk.
Tydens 2020 vier Studio Cha haar 20ste bestaansjaar. Die studio was gestig in 2000 met die primêre doel om jong sangtalent te ontwikkel. En vir geen ander doel nie. By Studio Cha is ons studente ons primêre fokus. Nie ons (afrigters) se eie loopbane nie. In vandag se tye is dit so maklik om ‘n sangskool te open of om jouself te bemark as sang afrigter. In jou soektog na ‘n sangskool oorweeg die hoofrede hoekom die instansie bestaan. By Studio Cha is dit die missie wat ons dryf as afrigters. Ons intensie is suiwer en duidelik – ons wil sangtalent ontgin en ontwikkel omdat dit ons passie en liefde was oor die afgelope 20 jaar, en nog steeds is vir die volgende 20 jaar!
-
Chantalle Schutte
Stigter & Eienaar, Tak Eienaar (Arcadia & Tigervalley) & Afrigter -
Carlé Weber
Mede-Eienaar, Tak Eienaar (Centurion, Wierda Park), Afrigter & Liedjieskrywer -
Chanté Retief
Tak Eienaar (Centurion, Eldoraigne) & Afrigter -
Maryna Holtzhausen
Tak Bestuurder (Maragon, Olympus), Afrigter, Groepe & Klavier Opleiding -
Bianca Blanc
Afrigter & Liedjieskrywer