Chantalle Schutte
Chantalle Schutte
Stigter & Eienaar, Tak Eienaar (Arcadia & Tigervalley) & Afrigter
Agtergrond:
-
Chantalle was gebore op 22 Semptember 1983 in Pretoria. Sy het haar laerskool dae deurgebring by Laerskool Rooihuiskraal – waar sy haar kultuur talente ontdek het en aktief begin ontwikkel het onder leiding van Amanda Fouché (Kultuur Hoof van L/S Rooihuiskraal). As Graad 7 leerling het sy ‘n album vrygestel genaamd “Lollipop”.
-
By Hoërskool Zwartkop kon sy verder haar liefde vir kultuur uitleef en het aan ‘n verskeidenheid van kultuur aktiwiteite deelgeneem. Chantalle was aangewys as Die Veelsydigste Kultuur Leerling van Graad 8 tot 11. In 2000 was sy aangewys as die “Best Bilingual Orator in Northern-Gauteng” en in 2001 was sy die wenner van Tehila, Radio Kansel se nasionale Gospel sang kompetisie. In 2004 was sy die wenner van Jubelate, die volwasse afdeling van Radio Kansel se nasionale sang kompetisie.
-
Chantalle was ook deel van ‘n sang groep Dé Ja Vu, onder leiding van Sharleen Schalkwyk. Dit was gedurende hierdie tyd waar sy as Graad 11 leerling Studio Cha begin het.
Studio Cha:
-
Studio Cha het begin met 2 studente (Elmari van der Merwe & Chanté van der Westhuizen) met lesse wat aangebied was op ‘n Saterdag oggend! Alhoewel Studio Cha net 2 studente gehad het, het almal geweet wie hulle is en het hulle (soos vandag nog!) gesorg vir groot opsprake.
-
Studente getalle het gegroei en daar was ‘n behoefte om ‘n nuwe afrigter tot die span te voeg. In 2007 het Carlé van Deventer by Studio Cha aangesluit as afrigter. Vandag staan Studio Cha se studente getalle op ±120 studente.
-
Chantalle het ‘n passie en gawe vir sang afrigting. Sy ervaar Studio Cha as haar bediening en ‘n meganisme waardeur sy haar lewensdoel kan leef. Deur sang afrigting kan sy vorm aan elke student se selfbeeld en word sy geinspireer wanneer ‘n student se idee van hom/haarself begin verander en hulle besef “EK KAN!”.
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede:
-
Chantalle het ‘n spesiale gawe en liefde vir Gospel musiek en was aangewys as wenner van beide Tehila in 2000 en Jubelate in 2004, Radio Kansel se nasionale Gospel sang kompetisies.
-
Studio Cha is ook geseën met uitsonderlike prestasies wat insluit: 7 keer aangewys as die Beste Sang Studio deur die PTA Beeld Eisteddfod en 7 keer aangewys as die Beste Sang Studio by Garsfontein Kunstefees.
-
In 2002 het Chantalle ook haar akademiese loopbaan by die Universiteit van Pretoria begin volg en verwerf die volgende kwalifikasies: BCom Kommunikasie Bestuur, BCom (Hons) Kommunikasie Bestuur en MCom Kommunikasie Bestuur. Sy was as top student vir haar kursus bekroon op vele geleenthede.
Ander Belangstellings:
-
Chantalle leef ook haar liefde en talent vir Kommunikasie Bestuur uit en spesialiseer huidiglik in strategiese kerk kommunikasie. In 2010-2013 was sy betrokke by Doxa Deo en tans (vanaf Maart 2013) assisteer sy die AGS (Apostoliese Geloof Sending) van SA se nasionale kantoor met strategiese kommunikasie. Sy het ook ‘n passie vir nie-winsgewende organisasies en het onlangs betrokke geraak by die AGS Welsyn van SA en die ontwikkelings werk wat hulle met en deur kerke doen. Sy ontvang 3 internasionale toekennings vir haar bydraes tot kerk kommunikasie.
Persoonlik:
-
Chantalle is getroud met musiekvervaardiger Christie Schutte en hulle het twee kinders, Christopher (12) en Chloe (7). Hulle woon tans in Tigervalley, Shere in Pretoria-Oos.