Bianca Blanc
Bianca Blanc
Afrigter & Liedjieskrywer
Agtergrond:
-
Bianca is gebore op 28 Mei 1999.
-
Sy het vele prestasies in haar Hoërskool loopbaan behaal:
In Graad 8 (2013):
-
Bianca ontvang ere kleure vir Sang en Deelname aan Produksie by die Hoërskool Zwartkop se Meriete Aand.
-
Sy het by SATCH 2013, 7 Goue Medaljes & ontvang en is gekies om in “SUMMER 2014 SHINE for AMTC (Actors, Models & Talent for Christ)” in Orlando, Florida, USA deel te neem.
In Graad 9 (2014):
-
Bianca is gekies om aan die “Tshwane Youth Arts Festival Jabulani Centre Stage Finals” deel te neem.
-
Sy het deurgedring na die Kraal Kunstefees en Pretoria Eisteddfod se Gala Aande waar sy vele toekennings ontvang het.
-
By Hoërskool Zwartkop se Meriete Aand, het sy ere kleure vir Sang en Deelname aan Produksie ontvang;
-
By SATCH het sy 2 Platinum en 4 Goud ontvang en is gekies, as deel van die span, om Suid-Afrika te verteenwoordig in Orlando, Florida in 2015.
In Graad 10 (2015):
-
Bianca is gekies as die algehele wenner van “Talent Africa Showcase” se vokaal afdeling met 3 Goud en is gekies om deel te neem aan “Talent America”.
-
Sy is gekies as die algehele wenner by Hoërskool Zwartkop se Kultuurweek; asook by die “Spur Singing Stars” kompetisie.
-
Bianca het deurgedring tot die Kraal Kunstefees, Pretoria Eisteddfod, asook Garsfontein Kunstefees se Gala Aande. Sy het weereens vele toekennings ontvang.
-
Sy was uitgenooi as Gas Kunstenaar by die “Tshwane Youth Arts Festival Finale” en is die wenner van die “Tshwane Youth Arts Festival Jabulani Centre Stage Finals”.
-
By “SATCH 2015 Showcase” ontvang sy vele medaljes en is gekies om deel te neem in “SUMMER 2016 SHINE for AMTC (Actors, Models & Talent for Christ)” in Orlando, Florida.
-
Sy ontvang Ere Kleure vir Sang, Deelname aan Produksie, asook ‘n sertifikaat vir Deelname aan Redenaars, Kuns en Kultuur Beurs.
In Graad 11 (2016):
-
Bianca het deurgedring na Kraal Kunstefees, die “Singers Showcase Arts Festival Final”, Pretoria Eisteddfod, Garsfontein Kunstefees en “SATCH 2016 Showcase” se Gala Aande. Sy het weg gestap met vele toekennings, insluitend die algehele wenner en weer gekies om in “SUMMER 2017 SHINE vir AMTC” in Orlando, Florida, USA deel te neem.
-
Sy was weer uitgenooi na Hoërskool Zwartkop se Meriete Aand waar sy Ere Kleur vir Sang, Produksies, Prefek, ‘n Spesiale Toekenning vir Sang asook ‘n sertifikaat vir Deelname aan Kunste en ‘n Kultuur Beurs.
In haar matriek jaar (2017):
-
Bianca was deel van die Kraal Kunstefees en Pretoria Eisteddfod se Gala Aande waar sy vele toekennings ontvang het.
-
Sy het ook ‘n plate kontrak met “Just Music” geteken.
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede:
-
Bianca het Musiek Teorie Graad 4 ontvang.
-
Sy het al die verhoog vir die volgende kunstenaars geopen: Mathys Roets, Elvis Blue, Die Heuwels Fantasties, Jesse Clegg, WONDERboom, Arno Carstens, wyle Piet Botha, Monark, Tailor, Koos Kombuis, Jakkie Louw, Matthew Mole en komediant Schalk Bezuidenhout.
-
Sy sing by verskeie toonaangewende plaaslike musiekfeeste soos KKNK, “Pure & Crafted Festival”, “Splashy Fen Music Festival”, Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees en Aardklop Nasionale Kunstefees.
-
Bianca se eerste enkelsnit “Butterflies” bly vir 12 weke op die nommer 1 posisie op die 5fm “top10@10” speellys.
-
Bianca het al in verskeie drukmedia verskyn, soos: Rekord Centurion; “Get It Magazine”; Huisgenoot; “Pretoria News”; “FAME Magazine” en “People Magazine”.
-
Haar TV-verskynings sluit in: “The Mic”, “Expresso”, “Hectic on 3”, “#WTF Tumi”, “The Morning Show” en Musiek Roulette.
-
In Julie 2018, is Bianca aangewys as die 2018/2019 “Deezer NEXT” kunstenaar vir Suid-Afrika, die wêreld se mees persoonlike digitale musiekdiens. “Deezer NEXT” is ‘n kunstenaargedrewe program wat ontwikkel is om opkomende talent regoor die wêreld te identifiseer en te ondersteun. Soos alle “Deezer NEXT” kunstenaars, word Bianca vir 12 maande ondersteun in profielontwikkeling, plasing op plaaslike en internasionale speellyste asook kreatiewe bemarkingsveldtogte.
-
Die talentvolle dromspeler Louis Malherbe en multi-instrumentalis Brandon Holz het in August 2019 by Bianca Blanc aangesluit om ‘n 3-stuk orkes te vorm met hope energie.
Ander Belangstellings:
-
Bianca swot tans Onderwys deur Noord-Wes Universiteit en wil spesialiseer in spesiale behoeftige kinders.
-
Sy het ‘n album uit deur “Just Music” in 2018 met nog ‘n enkelsnit oppad.
-
Sy is ‘n liedjieskrywer en al die liedjies op haar album is deur haar geskryf en gekomponeer.
-
Sy het onlangs as aktriese in ‘n ander musikant se musiek video gespeel.
-
Bianca speel Kitaar, Ukulele en leer Klavier speel.
Studio Cha:
-
In 2014 sluit Bianca aan as student by Studio Cha en kry afrigting by Chantalle Schutte.
-
In 2018 is sy permanent aan gestel as Afrigter van beide, Sang afrigting en Kunstenaar Ontwikkeling sowel as Liedjieskryf.
-
“Ek is lief vir my werk en ek is lief vir my werks-familie”.
Borge/Assosiasies:
-
Just Music
-
Handpicked Artists & Events
-
Deezer
-
Marshall Music SA
-
Studio Cha – Vocal & Performance Coaching
-
Is Moz Bos
-
Trots Afrikaans