Wat Bied Ons?
Studio Cha bied Vocal and Performance Coaching, Liedjieskryf, Instrument Afrigting (Klavier), Groepsang and Kunstenaar Ontwikkeling aan.
Neem asseblief kennis dat die kostes van die produkte word nie hier aangedui nie en word slegs binne die konteks van ‘n oudisie afspraak bespreek.
Alle produkte is oorspronklik ontwikkel en gevorm deur StudioCha.
Vocal and Performance Coaching (VPC)
Hierdie produk is uniek tot Studio Cha! Studio Cha volg ‘n holistiese benadering tot die ontwikkeling van ‘n student se sang talent. Ons glo nie net in die ontwikkeling van die stem nie, maar ook in die ontwikkeling van ons studente as ‘n “pakket” of kunstenaar. Vir hierdie rede sluit ons 'n paar elemente in.
Instrument Afrigting (Klavier)
By Studio Cha kan studente ook afrigting ontvang in die basiese tegniek en toepassing van een instrumente: klavier. Die idee is om ‘n sanger genoeg self-vertroue te gee sodat hy/sy ‘n liedjie kan sing met self-begeleiding op die verhoog en die instrument te kan gebruik om ‘n oorspronklike liedjie te kan skryf.
Kunstenaar Ontwikkeling
Vir studente wat ‘n volgende vlak van ontwikkeling benodig, bied ons die Kunstenaar Ontwikkeling produk aan. Dit gebeur wanneer ‘n student ons Vocal and Performance Coaching produk ontgroei het, sy/haar kunstenaar identiteit ontdek het en nou gereed is om die fondasie te lê vir ‘n musiek loopbaan.