Wie Kan Aansluit?

Wie Kan Aansluit?

Skoolgaande Kinders (Gr1-Gr12)

Studio Cha neem studente tussen die ouerdomme van Graad 1 tot Graad 12 vir sang afrigting. Indien jou kind ‘n passie het vir kultuur en sang is daar nie ‘n beter plek as Studio Cha nie! Hier is al ons kinders mal oor sang en in meeste gevalle is dit hulle primêre buitemuurse aktiwiteit. Indien jou kind baie ernstig voel oor die ontwikkeling van sy/haar sang talent en moontlik ‘n loopbaan in die musiek bedryf oorweeg, is daar nie ‘n beter plek as Studio Cha nie! En moet asseblief nie dink afstand is ‘n probleem nie – ons studente kom van heinde en vêr (Ellisras, Groblersdal, Secunda en Botswana!) vir sang les by Studio Cha.

 

Jong Volwassenes (18-30 jr)

By Studio Cha is ons baie opgewonde oor die standaard en kwaliteit wat opgelewer word vanuit ons jong volwasse studente. Daar is gewoonlik twee tipe volwasse studente wat by Studio Cha se deur aanklop:

  • Die volwasse student wat voltyds werk maar tog ‘n liefde en passie het vir sang. Hierdie volwassenes droom nie noodwendig oor ‘n loopbaan in die bedryf nie, maar wil ‘n nuwe uitdaging stel en persoonlike doelwitte bereik.
  • Die volwasse student wat ‘n sang loopbaan in die oog het. Hierdie jong volwassenes droom oor ‘n loopbaan in die musiek bedryf en baie van hulle is alreeds aktiewe kunstenaars.

 

Professionele / Gevestigde Kunstenaars

Oor die jare help Studio Cha graag professionele kunstenaars wat alreeds gevestig is in die musiek bedryf met verdere stem tegniek en ontwikkeling. Hier val die fokus grootliks op algemene gesondheid en fiksheid van die stem. Tegniek word opgeskerp om alle moontlike spanning op die stem te kanseleer. Dienste sluit die volgende in:

  • Verdere stem- en tegniek ontwikkeling.
  • Afronding van repertoire vir kommersiële optredes/teater produksies.
  • Afronding van “vocals” voor die opname van ‘n album.
  • Afronding van repertoire vir oudisies.