Maryna Holtzhausen
Maryna Holtzhausen
Tak Bestuurder (Maragon, Olympus), Afrigter, Groepe & Klavier Opleiding
Agtergrond:
-
Maryna is gebore op 3 Julie 1994 in Pretoria. Sy het haar skooljare deurgebring in Bloemfontein by CNN Oranje Meisieskool. Haar sang was geïnspireer deur die Drakensberg Seunskoor waar haar broer skool gegaan het.
-
In 2008 het sy, haar broer en suster ‘n sang groep begin onder lyding van Philip Kotze se sangskool. Hulle het hulself genoem die KanNonne – Waldo is die Kan en die 2 susters die Nonne. Hulle het ook hul talente saam uitgeleef by hul gemeente, die AGS. Haar passie vir aanbidding het hier begin.
-
Maryna het besluit om haar vlerke te sprei in haar solo sang. In haar matriek jaar (2012) het haar eerste guldige geleentheid opgekom waar sy ‘n kontrak met Pacofs geteken het by die Staats Teater.
-
In haar eerste jaar het sy in Pretoria ‘n diensjaar gedoen (Metamorpho van Doxa Deo-gemeente). Sy het in Pretoria vertoef en 2-jaar sangonderrig ontvang by Chris Coetzer, tydens haar studies wat sy deeltyds gedoen het. In 2017 het Maryna haar BTh-graad (Teologie) ontvang.
Studio Cha:
-
Vanaf 2015 tot 2017 het Maryna by Studio Cha sang afrigting ontvang by Carlé Weber. Sy het ook “Songwriting” ontvang van haar sang afrigter af, asook van Nathan Mowatt en Jaco Britz.
-
In 2017 het sy amptelik aangesluit as ‘n voltydse afrigter in sang, groepsang, liedjieskryf en klavier.
-
Maryna geniet die dinamika-verskille van elke student se talente en persoonlikhede. Asook om saam te kan leer en te groei. Dis vir haar ‘n groot voorreg om deel te hê om die fondasie te lê in baie van haar studente se talente en Maryna neem die verantwoordelikheid daarvan ernstig op.
-
Studio Cha se visie en missie stem ooreen met wat Maryna glo – om in studente se potensiaal en talente te belê en hulle te ontwikkel tot hul beste vermoë.
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede:
-
In haar matriekjaar het sy Unisa Graad 5 in Klavier Teorie en Prakties ontvang.
-
Maryna is vanaf 2015 deel van die Afrikaanse-Geestelike groep, Onbeskaamd.
-
Maryna was deel van die Top 12 sangers op die KykNet TV-program “Maak My Famous” van Emo Adams (2019).
-
In 2016 is Maryna as die algehele wenner aangewys van die ‘Sprei jou Vlerke’-kompetisie.
-
Maryna het die volgende behaal in die volgende kompetisies (2017):
-
Die algehele wenner van die ‘Oos-Rand Kunstefees’.
-
Die beste liedjieskrywer in die ‘Angel Music Studio Productions’-kompetisie.
-
Sy het 6e geëindig uit duisende deelnemers in die ‘Nasionale Copperstone Talent Search’-kompetisie.
-
Deelname aan die “International Arts Talent Showcase”.
-
-
Maryna het al by verskeie feeste opgetree vanaf 2016. Van hierdie feeste is: KKNK RSG verhoog, Jakaranda Liggiesfees, Wonderliggiefees, Harties Oewerfees, Franna Benade se ‘Gospelsangfees’, Gerhard Steyn se ‘Klippiesfees’ saam met Onbeskaamd, Transoranje, Meatfest, Wollies, Proteafest, Cullifest, Zoerdoef en Nyliefees.
-
Maryna het al hoofrolle saam met sang in die volgende 2017 produksies gespeel: ‘Hoopvol Afrikaans’ (‘n Doxa Deo-produksie) en ‘Cheddar & Gouda in Bethlehem’ (‘n Kersfees-produksie).
-
Op 31 Desember 2017 het sy die eindjaardiens by ATKV Drakensville gelei met Woord en Sang.
-
Maryna het al radio onderhoude gevoer op Groot FM, Pretoria FM, Coastal Radio en Radio Pulpit (2018-19). Van haar eie komposisies is ook op Groot FM, Pretoria FM en Coastal Radio FM se speellys en het sy al by die Songwriter’s Society opgetree. ‘Heers in my’ en ‘A lavender aisle’ is op verskeie platvorms beskikbaar.
-
In 2019 het sy geopen vir “Manne wat glo”.
-
Maryna is een van die “backing vocals” op die album “Complete” van Revelation Enterprises (2019). Sy geniet dit om tyd te spandeer in die studio.
Ander Belangstellings:
-
Maryna is ‘n “Worship” leier by Doxa Deo Raslouw Kampus. Aanbidding is ‘n groot passie vir haar.
Persoonlik:
-
Maryna is gelukkig getroud met Wouter Holtzhausen vanaf 24 Maart 2018.