Carlé Weber

Carlé Weber

Carlé Weber

Mede-Eienaar, Tak Eienaar (Centurion, Wierda Park), Afrigter & Liedjieskrywer

Agtergrond: 

  • Carlé was gebore op 7 April 1982 in Pretoria. Sy het van die vroeë ouderdom van 4 jaar, die eerste keer aan ‘n Eisteddfod deelgeneem onder begeleiding van haar ma. Kritiek was dat sy baie mooi op noot sing, maar die begeleidster moet nog ‘n bietjie oefen. Van daar het sy aanhou gesing as solis by Laerskool Bakenkop in skool produksies en kompetisies.

  • As hoërskool leerling het sy aanhou sing en die liefde vir musiek en sing gekweek en ontwikkel. Sy het aan verskeie kompetisies deelgeneem soos Reik na die Sterre, Tehila en is in 2000 as Algehele wenner van die Beeld Eisteddfod aangewys.

  • Carlé was ook deel van ‘n sang groep De Ja Vu saam met Chantalle, onder leiding van Sharleen Schalkwyk. Sy en haar toekomstige besigheidsvennoot kon nooit raai dat hulle eendag saam aan Studio Cha se droom sou bou nie.

Studio Cha: 

  • Van 2005 het Carlé aktief begin onderrig in sang gee, en sluit in 2007 by die Studio Cha span aan as afrigter. En van daar af het sy nog nie teruggekyk nie.

  • Hulle sê teaching is baie vervullend, en Carlé geniet elke oomblik van sang afrigting, want die amateur sangers wat aansluit by Studio Cha het reeds ‘n liefde en passie vir sing en musiek. So dit maak dit die lekkerste werk in die wêreld omrede haar liefde en passie vir sing en musiek reeds daar is. Om na ‘n jaar terug te luister na ‘n student wat gewerk het is die lekkerste gevoel, en die rede hoekom sy doen wat sy doen.

Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede: 

  • Carlé het na skool Onderwys by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) begin studeer. As gevolg van haar liefde vir jong mense en kinders het sy nog altyd gedroom om ‘n musiek of sang juffrou te word.

  • Gedurende hierdie tyd het sy haarself omring met musikante, en het sy reeds begin optree en ‘sessions’ doen vir verskeie studios. Sy het ook besluit om haar eerste liedjie te skryf, en het met daardie lied ingeskryf vir ‘n nasionale Afrikaanse liedjieskryf kompetisie genaamd ATKV Crescendo. Met haar liedjie, Vyfster Suicide Hotel, het sy as wenner weggestap in 2005 en onder leiding van Joe Niemand het sy haar debuut album met dieselfde titel opgeneem, en onder die vaandel van Gallo musiek is dit versprei en bemark. Sy het groot opslae onder jong Afrikaanse tieners gemaak, omrede haar jong aanslag op Afrikaans en die rebellie van tieners. Haar videos (‘Nog reëls asb!’ en ‘Iemand het jou naam’) was te siene op MK, Kyknet en SABC. Sy en haar ‘band’ het verskeie kere op Televisie programme gesing, onder andere Studio 1, AMP, Kwela en vele meer.

  • In 2007 is haar debuut album benoem vir ‘n SAMA onder die Afrikaanse ROCK kategorie. Haar liedjies was ook op verskeie kompilasie CDs, soos MK1 en MK2, Rock Revolusie, Crescendo Sterre ens.

  • In 2009 en 2010 het sy as gaskunstenaar duette opgeneem saam met Snotkop, Beeskraal, Dewald Louw wat op hulle album te hore is. Sy het ook die liefdesliedjie, ‘By Jou’ opgeneem vir die film ‘Bakgat’, en is die sang stem van die aktrise Tanarie wat die hoofrol in ‘Hond se dinges’ gespeel het.

  • Omdat musiek oor ‘n wye spektrum vloei het Carlé oor die jare konstant by studios agtergrond stemwerk gedoen, en spog haar CV met name soos Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, Adam Tas, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Lianie en Jay, Gerhard Steyn, Andriette, Nicholis Louw en vele meer.

  • As liedjieskrywer het sy al liedjies geskryf vir Corlea, Heinz Winckler, Sarah Theron, Dewald Louw, Dewald Gouws, Pieter Smith en baie meer.

  • Sy was deel van ‘n meerderheid projekte vir kunstefeeste asook ‘bands’ oor die jare.

  • In 2013 het sy besluit om deel te neem aan die South Africa IDOLS, en het sy in die TOP 8 dames geëindig.

  • Carlé het in 2014 aan die bekende KykNet reeks “Afri-Visie” deelgeneem met haar oorspronklike lied saam met Joe Foster ‘Sing my aan die slaap’ en het landswyd 3de geëindig.

  • As beoordelaar, het sy al verskeie nasionale kompetisies beoordeel bv. Sing in Harmonie, Uitblinkers en was ook op die beoordelingspaneel vir die Pretoria FM AITSA musiek toekennings.

  • In 2018-2019 het sy duette opgeneem saam met Adam Tas en Ruhan du Toit van Touch of Class.

  • Carlé het in 2019 aangesluit by Doxa Deo se aanbiddings-span, en haar liefde vir gospel musiek en haar geloof word daar ten toon gestel.

  • 2020 beloof om ‘n produktiewe sang jaar te wees vir Carlé as solis. Sy beplan om ‘n paar lang verwagte singles uit te bring,

Persoonlik: 

  • Carlé is in 2015 gertroud aan Johan Weber. Saam deel hulle die vreugde van hulle twee kinders Jayden Luke en Jamie-Zia. Hulle bly huidiglik in Centurion.