Wat Bied Ons?

Studio Cha bied Vocal and Performance Coaching, Liedjieskryf, Instrument Afrigting (Klavier), Groepsang and Kunstenaar Ontwikkeling aan.

Neem asseblief kennis dat die kostes van die produkte word nie hier aangedui nie en word slegs binne die konteks van ‘n oudisie afspraak bespreek.
Alle produkte is oorspronklik ontwikkel en gevorm deur StudioCha.



Vocal and Performance Coaching (VPC)

Hierdie produk is uniek tot Studio Cha! Studio Cha volg ‘n holistiese benadering tot die ontwikkeling van ‘n student se sang talent. Ons glo nie net in die ontwikkeling van die stem nie, maar ook in die ontwikkeling van ons studente as ‘n “pakket” of kunstenaar. Vir hierdie rede sluit ons 'n paar elemente in.

Vocal and Performance Coaching (VPC)



Liedjieskryf

Ons Songwriting pakket fasiliteer studente in die skryf van oorspronklike liedjies. Carlé Weber, Crescendo Wenner en self kunstenaar in die musiek industrie bestuur hierdie produk binne Studio Cha. Dit raak al hoe belangriker vir opkomende kunstenaars om oorspronklike repertoire te hê.

Liedjieskryf



Instrument Afrigting (Klavier)

By Studio Cha kan studente ook afrigting ontvang in die basiese tegniek en toepassing van een instrumente: klavier. Die idee is om ‘n sanger genoeg self-vertroue te gee sodat hy/sy ‘n liedjie kan sing met self-begeleiding op die verhoog en die instrument te kan gebruik om ‘n oorspronklike liedjie te kan skryf.

Instrument Afrigting (Klavier)



Groepsang

In vandag se musiekwêreld is groepwerk besig om ‘n belangrike vaardigheid te raak waarin alle sangers ervaring moet hê. By Studio Cha bied ons studente die geleentheid om hulleself op hierdie vlak ook verder te ontwikkel.

Groepsang



Kunstenaar Ontwikkeling

Vir studente wat ‘n volgende vlak van ontwikkeling benodig, bied ons die Kunstenaar Ontwikkeling produk aan. Dit gebeur wanneer ‘n student ons Vocal and Performance Coaching produk ontgroei het, sy/haar kunstenaar identiteit ontdek het en nou gereed is om die fondasie te lê vir ‘n musiek loopbaan.

Kunstenaar Ontwikkeling