Wat bied Ons?

Studio Cha bied:

  • Vocal and Performance Coaching
  • Instrument Afrigting (Kitaar/Klavier)
  • Songwriting │ Liedjieskryf

**Let wel:  Die kostes van die produkte word nie hier aangedui nie en word slegs binne die konteks van ‘n oudisie afspraak bespreek.

Vocal and Performance Coaching  (Vir Skoolgaande Studente Gr1-12)

Hierdie produk is uniek tot Studio Cha! Studio Cha volg ‘n holistiese benadering tot die ontwikkeling van ‘n student se sang talent. Ons glo nie net in die ontwikkeling van die stem nie, maar ook in die ontwikkeling van ons studente as ‘n “pakket” of kunstenaar. Vir hierdie rede sluit ons produk die volgende elemente in:

  • Leiding met liedjie keuses en die aankoop van “backtracks”.
  • Fasilitering van die stem ontwikkeling en tegnieke.
  • Hulp met verhoog beplanning en beweging.
  • Leiding met die beplanning van uitrustings en “props”.
  • Hulp met die kombinering van sang en beweging.
  • Blootstelling aan plaaslike, nasionale en internasionale sang kompetisies.
  • Geleentheid om aan die einde van die jaar ‘n demo CD op te neem.
  • Blootstelling aan ‘n professionele “photoshoot”.
  • Deelname aan ‘n professionele eind-jaar produksie of “show”.

Ons beveel aan dat studente vir ‘n minimum tydperk van ‘n jaar by Studio Cha bly om die volle waarde van hierdie produk te verky. Indien ‘n student gekeur word vir Vocal and Performance Coaching ontvang die student ‘n uur intensiewe een-tot-een lestyd per week. [Let wel dat Studio Cha nie vir skool vakansies sluit nie.] Verder sluit die produk nie net solo sang in nie, maar ook opsies vir duet, trio of groepsang.

Vocal and Performance Coaching  (Vir Jong Volwassenes 18-30 jr)

By Studio Cha is ons baie opgewonde oor die standaard en kwaliteit wat opgelewer word vanuit ons jong volwasse studente. Daar is gewoonlik twee tipe volwasse studente wat by Studio Cha se deur aanklop:

  1. Die volwasse student wat voltyds werk maar tog ‘n liefde en passie het vir sang. Hierdie volwassenes droom nie noodwendig oor ‘n loopbaan in die bedryf nie, maar wil ‘n nuwe uitdaging stel en persoonlike doelwitte bereik.
  2. Die volwasse student wat ‘n sang loopbaan in die oog het. Hierdie jong volwassenes droom oor ‘n loopbaan in die musiek bedryf en baie van hulle is alreeds aktiewe kunstenaars.

By Studio Cha het ons ‘n spesifieke benadering tot ontwikkeling vir hierdie twee tipe groepe volwasse studente. Vir werkende jong volwassenes lyk die kurrikulum min of meer dieselfde as die skoolgaande weergawe van die VPC produk.

Vir jong volwassenes wat ‘n sang loopbaan in die oog het, is daar egter ‘n unieke kurrikulum wat hulle help om tot volwaardige kunstenaar te ontwikkel en ‘n sang loopbaan te begin bou. Die fokus val hier baie stêrk op kunstenaar ontwikkeling.   

 

Instrument Afrigting (Vir Skoolgaande Studente & Jong Volwassenes)

 By Studio Cha kan studente ook afrigting ontvang in die basiese tegniek en toepassing van twee instrumente: kitaar of klavier. Die idee is om ‘n sanger genoeg self-vertroue te gee sodat hy/sy ‘n liedjie kan sing met self-begeleiding op die verhoog en die instrument te kan gebruik om ‘n oorspronklike liedjie te kan skryf. Die instrument afrigting vul dus die sang afrigting aan en word aangebied vanuit hierdie perspektief. Studente gaan prakties geleer word om die instrument te gebruik. Die fokus op suiwer musiek teorie is tot die nodigste beperk.

 

 Songwriting (Vir Skoolgaande Studente & Jong Volwassenes)

 Ons Songwriting pakket fasiliteer studente in die skryf van oorspronklike liedjies. Carlé van Deventer, Crescendo Wenner en self kunstenaar in die musiek industrie

gesamentlik met Jaco Britzz, bied hierdie produk aan. Dit raak al hoe belangriker vir opkomende kunstenaars om oorspronklike repertoire te hê. Die volgende elemente is ingesluit by die Songwriting pakket:

    • Leiding met die skryf van oorspronklike lirieke (Afrikaans of Engels).
    • Hulp met die komponering van ‘n melodie.
    • Leiding en fasiltering met die maak van ‘n “backtrack” of “arrangement”.
    • Registrasie van oorspronklike lied by SAMRO (www.samro.org.za).
    • Inskryf van die oorspronklike lied by sang kompetisies en ander optredes.
    • Fasilitering van ‘n professionele stem opname van die lied.
    • Hulp met die afronding van die “vocals” en “performance” van die liedjie.
    • Die eind produk is ‘n professionele demo opname wat van so ‘n aard is dat dit gestuur kan word aan enige platemaatskappy of radio stasie in die land. Waar die Vocal and Performance Coaching produk hoofsaaklik fokus op stem ontwikkeling en aanbieding, fokus die Songwriting produk op die student se skeppings en kreatiewe vermoëns.
    • Voorbeelde:

Alida Luus- Meer as ‘n Meisie

Johan Fourie- Juliet

Die Songwriting produk is ‘n opwindende ontdekkingsreis waar studente die kunstenaar in hulleself ontdek. Vir studente wat sang as ‘n toekomstige loopbaan oorweeg, stel ons voor dat die Vocal and Performance Coaching, Instrument Afrigting en Songwriting pakette gekombineer word vir maksimum groei en potentiaal ontginning. Indien Songwriting geneem word ontvang die student ‘n 45 minute een-tot-een sessie per week.