Getuigskrifte

Alhoewel dit belangrik is dat ons jou meer vertel van Studio Cha – is dit vir ons meer belangrik wat ander mense van ons studio dink en vertel. Ons gee dus nou die “mikrofoon” aan vir van ons oud-studente, huidige studente en ouers.

Mattie & Johan (Snr) Fourie - Ouers van Huidige Studio Cha Student Johan Fourie
Voorgelê deur: Mattie & Johan (Snr) Fourie - Ouers van Huidige Studio Cha Student Johan Fourie (21)

Kategorie:

Johan kry al sang afrigting vandat hy Graad 2 was, of so het ons gedink! Totdat hy in graad 6 by Studio Cha begin het. Na die eerste les het ons gedink Johan kan nie sing nie. Elke woord, elke noot, alles word in detail, sorgvuldig en met oorleg afgerig. Daar is 'n struktuur wat vasgelê word, en daarby word daar gehou. Selfs die choreografie en kleredrag vir elke lied word tot in die fynste detail uitgewerk. Dit het Johan soveel selfvertroue gegee as hy op die verhoog geklim het, want hy het geweet hy is afgerond en voorbereid. Skielik het ons besef daar is nog ander style behalwe Engels en Afrikaans en dat elke styl anders gesing word. Van 'n “scoop” in Country tot 'n “grunt” in Rock. Gou het ons besef dat ons kind by ‘n sang skool is wat heeltemal op ‘n ander vlak in terme van afrigting is. Vandag sê ons dankie want hy is nou toegerus om sy eie sangloopbaan met vertroue aan te pak.

Mattie & Johan (Snr) Fourie

Ouers van huidige student Johan Fourie (21)

En ja – hy kom nog steeds vir sang lesse!

Heel eerste Studio Cha Student
Voorgelê deur: Chanté van der Westhuizen- Heel eerste Studio Cha Student (20)

Kategorie:

Ek het begin met afrigting by Chantalle op die ouderdom van 6 jaar – ‘n Graad 1 skolier met ‘n passie vir sang! As ek nou terug kyk, amper 13 jaar later, kan ek met sekerheid sê dat nie een ons twee regtig besef het op watter uitsonderlike “journey” ons oppad was nie. Behalwe vir die kwaliteit afrigting wat ek ontvang het, was my afrigter my rolmodel, die persoon waarna ek opgekyk het en my beste vriendin. Sang lesse was nooit te ernstig nie en die studio was altyd gevul met vreugde en lag – met dit gesê het ons ook baie hard gewerk as ons moes! By Studio Cha het ek die beste afrigting ontvang wat daar is. Dit was lekker om ‘n afrigter te kon hê wat regtig elke student se behoeftes verstaan en daarna omsien. Gedurende my 6 jaar by Studio Cha het ek my passie en hongerte na sang en “performing” ontdek. Ek het deel geword van ‘n spesiale sang familie met die mees kosbaarste herhinneringe wat ek vir die res van my lewe sal onthou. Dankie Studio Cha vir my onvergeetlike kinderjare!            

Chanté van der Westhuizen

 Heel eerste Studio Cha student

Sy woon nou in New Zeeland en is besig met haar universiteits studies

Huidige Studio Cha Student
Voorgelê deur: Anja Botha- Huidige Studio Cha Student (20)

Kategorie:

Studio Cha is meer as net 'n wonderlike sang skool of 'n studio met vier mure. Hier het ek verhoudinge gebou met nuwe mense. Ek as mens het gegroei en 'n deel van myself ontdek. Hier het ek beleef hoe groot impak 'n uitstekende mentor en afrigter op jou lewe kan hê. So kan ek aan gaan oor die wonderlike geleenthede wat die studio vir ons as studente bied, die kwaliteit onderrig en die omgee, maar dan sal ek julle lank besig hou. Om dit vinnig op te som: Om deel te geword het van Studio Cha was een van die beste besluite wat ek ooit geneem het!!

Anja Botha

Huidige Studio Cha Student

Oud Studio Cha Student
Voorgelê deur: Daniella Goncalves- Oud Studio Cha Student (20)

Kategorie:

Studio Cha is 'n amazing studio waar ek elke jaar ontwikkel het en geleer het om dinge met my stem te doen, wat ek nooit verwag het ek kan doen nie! Met dit het my self vertroue ook gegroei. Dit alles is net moontlik omdat die afrigters 110% van hulle self in hulle studente investeer. My verhouding met my afrigters het so saam met my talente gegroei en vandag kan ek sê dat hulle my goeie vriendinne is. Studio Cha is baie meer as net 'n sang en “performance” skool - en dis wat hulle special maak.

Danielle Goncalves

Oud Studio Cha Student