Hoekom Studio Cha?

Vandag is ons keuses van sang studios en afrigters baie groter as in die verlede! Hierdie feit skep dikwels by mense ‘n onsekerheid oor watter sang studio die regte keuse is. Hier is ‘n paar belangrike redes waarom jy Studio Cha sal kies:

Spesialiste in Kontemporêre Musiek

Studio Cha is die markleier en spesialis in die afrigting van ligte musiek of kontemporêre musiek (wat alles insluit behalwe suiwer Opera en Ligte Klassieke Musiek). Country, Rock, Blues, Jazz, Musical Theatre, Latin, Gospel, POP, Folk, R&B en Afrikaans is die genres wat ons afrig. Daar is baie sang afrigters wat Ligte Klassieke sang afrigting aanbied, maar baie min wat die “belting” tegniek verstaan en korrek toepas op moderne style van musiek.

 

Kwaliteit Afrigting

Studio Cha se grootste kenmerk is die kwaliteit van die afrigting in vergelyking met ander sang skole. By Studio Cha is die fokus nie op getalle en kwantiteit nie – maar op die afronding van elke student. Studio Cha is al bekroon met die volgende toekennings en spreek van ons kwaliteit:

  • 7 x Beste Sang Studio in Pretoria soos aangewys deur die PTA Beeld Eisteddfod.
  • 5 x Beste Studio in Tshwane soos aangewys deur die National Eisteddfod Academy.
  • 1 x Beste Sang Studio soos aangwys deur “Sing for the Stars” sang kompetisie.
  • 3 x Beste Sang Studio soos aangewys deur Garsfontein Kunstefees.
  • Jaarliks is daar Studio Cha studente wat aan SATCH (Suid-Afrikaanse Talentkampionskappe) deelneem en gekies word vir die Suid Afrikaanse span wat verder gaan deelneem aan AMTC (Actors, Models & Talents for Christ) in Amerika.

 

Duidelike Studente Groei & Vordering

Studio Cha skep ‘n omgewing waar studente merkwaardige groei en verbetering ervaar. Studio Cha is besorgd oor elke student se vordering onder ons leiding. In baie gevalle is hierdie kwaliteit van Studio Cha die belangrikste rede waarom studente oorweeg om van sang studios te verander. Studente bereik soms ‘n “plato” in terme van hulle groei en is dan opsoek na die volgende vlak van sang opleiding – Studio Cha is hierdie volgende vlak.

 

Unieke Fokus op Kunstenaar Ontwikkeling

Dit is goed en wel as ‘n student mooi kan sing en optree by die plaaslike Eisteddfod. Maar dan wat? Studio Cha gee hierdie volgende stappie na volwaardige kunstenaar wees. Ons kurrikulum is ontwerp om nie net sangers of sangeresse op te lewer nie, maar kunstenaars wat hulle eie liedjies kan skryf, ‘n instrument kan bespeel en aktief betrokke raak by die bou van ‘n sang loopbaan. Studente ontvang al hierdie vaardighede onder die mentorskap en leiding van die Studio Cha ervare span van afrigters. Studio Cha help om die brug na die industrie te bou saam met elkeen van die studente. 

 

Deel van ‘n Groter Sang Familie

Studio Cha skep ‘n span gedrewe omgewing waar studente voel hulle “behoort”. Uniek aan Studio Cha is die “familie” kultuur waar ouers en studente mekaar nie ervaar as direkte kompetisie nie. In teendeel, ons studente ondersteun mekaar aktief by sang geleenthede/kompetisies en gun mekaar die voorreg om goed te kan presteer. Hierdie ondersteunende kultuur maak Studio Cha ‘n ideale omgewing vir die positiewe ontwikkeling van elke student se selfbeeld en self-vertroue. Hier word studente opgebou; nie afgebreek nie.