Nica Schutze

Lynnwood Tak Bestuurder, Afrigter

Lynnwood Tak Bestuurder, Afrigter

Agtergrond: 
  • Nica was gebore op 26 Mei 1989 in Pretoria. Sy voltooi haar skoolloopbaan (1996 - 2007) aan Laerskool Theresapark, in Theresapark en Hoërskool Gerrit Maritz, in Pretoria-Noord.
  • Sy ontdek haar liefde vir kultuur, sang en sport in haar laerskool
  • waar sy ‘n lid was van die Junior Revue, “Vonkelnootjies”. Haar eerste ervaring met die verhoog maak vir haar die wonderlike wêreld van die uitvoerende kunste oop, en dis waar haar passie vir musiek en sang begin het. In 2002 begin sy met solosangafrigting by Deon Theron Musiekateljee.
  • Op hoërskool leef sy verder haar passie vir sport en kultuur uit. Sy presteer op alle vlakke van skool: sport (atletiek, netbal, tennis, en sagtebal – gautengklere ontvang), kultuur (redenaars, debat, revue, solosang en groepsang), sy presteer in meriete en akademie, en vervul verskeie leierskapsrolle (redaktrise van die skoolkoerant, sportkapteine, verkies as Junior Stadsraadlid, talent-aand organiseerder, en Hoofmeisie in matriek). Sy ontvang drie jaar agtereenvolgens die “Jacques Vivier Kultux” wissel trofee vir die veelsydigste kultuurleerling.
  • Deur die jare het sy deelgeneem aan verskeie sangkompetisies en wen ‘n dag se opname waarmee sy haar eerste demo album opneem in 2005. Sy verskuif na Chris Coetzer CC Studio in Centurion en begin ernstig deeltyds optree as gaskunstenaar saam met Chris Coetzer en in haar eie private kapasiteit by troues, funksies, kerke, restaurante, feeste, en seminare.
  • Sy begin in 2008 studeer aan die Universiteit van Pretoria (2008-2012) waar sy die volgende vyf jaar van haar lewe in Madelief koshuis woon. Sy voltooi twee grade: voorgraads, BA Tale in Joernalistiek, en nagraads BA Honneurs in Vertaling en Professionele Skryfwerk. Gedurende haar tydperk aan die Universiteit skaal sy haar optredes as sangeres af en fokus op haar studies. Sy begin ook deeltyds as agtergrondsanger werk vir verskeie kunstenaars en platemaatskappye.
Studio Cha: 
  • In 2009 sluit Nica as ‘n volwassene student by Studio Cha aan waar sy sololesse en songwriting klasse by Carlé van Deventer ontvang. In 2010 word sy deur die studio genader en begin sy deeltyds werk as administratiewe beampte en as ‘n afrigter in wording. Teen 2013 het sy twee grade agter haar naam en is sy ‘n voltydse afrigter by Studio Cha. Sy begin ook vryskut vertaling en skryfwerk doen.
  • Van die belangrikste oomblikke by Studio Cha is die verskeie kere wat Studio Cha beste studio ontvang het by kompetisies, en die lekkerste oomblikke is die konsert aan die einde van elke jaar. Nica het ‘n passie vir mense en help altyd waar sy kani. Die mees vervullendste deel van haar werk is die persoonlike groei wat sy self ervaar het, die nuwe uitgebreide familie wat sy gevind het by Studio Cha in haar studente, kollegas en ouers, en die vordering wat sy daagliks kan sien in haar studente op persoonlike vlakke sowel as sangers.
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede: 
  • Vanaf 2002-2007 neem sy aan talle Eisteddfods en Kunswedstryde in die solis, duette en groep-items kategorieë deel en presteer baie goed en ontvang gereeld pryse en toekennings. In 2006 en 2007 ontvang sy die Trofee: Algehele Wenner, Ligte Musiek vir gr 11 en 12 dogters by die Afrikaanse Kunsvereniging van Pretoria.
  • Sy neem deel aan die finaal van Tehila landswye gospelmusiektalentfees aangebeid deur Radio Kansel in 2004 as lid van ‘n trio, en as solosangeres in 2006, 2007 en 2009.
  • In matriek word sy gekies as een van twee studente om saam met Chris Coetzer ‘n toer na die Skandinawiese lande (Swede, Finland, Noorweë en Denemarke) te onderneem waar hulle 10 konserte gehou het in groot katedrale en kerke, asook informele konserte by besighede en besienswaardighede.
  • In 2009 neem sy aan die Gridstar kompetisie deel: in Maart wen sy “Randall Rates U”, Junie is sy die naaswenner vir die maandkompetisie, en Julie wen sy die maandkompetisie.
  • Sy neem van 2008-2012 in haar koshuisverband deel aan ATKV Universiteite Ser. Dit is ‘n groep van 20 koshuislede wat ‘n 18 min verhoogproduksie op die planke bring. Dit is accapella musiek wat somtyds in 8-part harmonieë gesing word, sowel as met ‘n tema en verhoog koreografie wat daarmee gepaard gaan. In haar vyf jaar as deel van die serenade span wen haar koshuis twee keer (2008 en 2009) en verteenwoordig hulle die universiteit by Nasionale sêr. In 2011 plaas hulle tweede. In 2012 is dit haar verantwoordelikheid as Madelief Huiskomiteelid om die serenade af te rig. Met die hulp van die bekwame komponis en afrigter, Pieter Bezuidenhout, lei sy die groep tot ‘n tweede plek in die kompetisie.
  • In 2012 verskyn sy in Ampie du Preez se musiekvideo “Klaradyn” as ‘n hoofkarakter.
  • In 2012 by die Tukkies Koshuis Erelof funksie ontvang sy die prys vir Kultuur-Intern HK van die jaar en sy lei haar koshuis tot die eerste plek in Kultuur Intern en derde plek in Kultuur Ekstern. Haar koshuis wen tweede plek vir Kultuur koshuis van die jaar. Madelief wen koshuis van die jaar.
  • In 2013 neem sy deel aan die kompetisies Jy is my Liefling en dring deur tot die Top 100.
Ander Belangstellings: 
  • Sy is vreeslik lief vir kreatiewe skryfkuns en spandeer graag tyd daaraan om kortverhale, verhoogproduksies, en musikale films te skryf. Sy en haar verloofde en gesin is baie lief vir die bosveld en sy het self al ‘n keer of wat die geweer opgetel en saamgejag.
Persoonlik: 
  • Nica is op 11 Januarie 2014 getroud aan Selwyn Schutze. Hulle woon tans in Pretoria.