Lee Scott

Afrigter

Afrigter

Agtergrond: 
  • Lee is gebore in Pretoria en het in 2005 matrikuleer by Die Hoërskool Wonderboom.  Lee het begin sing as ‘n jong seun en sy eerste solo optrede was in Gr.5 in die Laerskool Revue.  Dis waar die gogga hom gebyt het.  Lee het in verskeie talent kompetisies deelgeneem en het ook goed presteer in die Pretoria Beeld Eisteddfod.  Dis eers in Gr.10 wat Lee besluit het hy wil dit moontlik doen as ‘n beroep.
  • Lee het na skool Musiek Teater gaan studeer by die Technicon van Pretoria (TUT).  Na ‘n vinnige 3 maande by die Technicon het Lee deel geword van die bekende boyband Hi-5.  Lee was deel van die groep vanaf 2006 tot einde 2007.  Hulle was te siene by The Sound Stage Teater asook by die Barnyard met die gewilde produksie “Boys Are Back In Town”. Hulle was op gewilde TV programme soos “Dis Hoe Dit is Met Steve” en  “DKNT” om maar net ‘n paar te noem.  Hulle was genomineer vir ‘n SAMA (South African Music Award) toekenning in 2007 vir “Beste Afrikaanse Pop Album” en het kort daarna vir 6 maande in Palma de Mallorca, Spanje gaan woon. Daar het hulle opgetree in ‘n teater genaamd Son Amar.
  • Die groep het in Desember 2007 op gebreek en Lee het begin teater produksies doen by Gold Reef City se The Globe Teater onder die talentvolle choreographer en Director Harold van Buuren (Hoof beoordelaar van SA se “So You Think You Can Dance”)  asook die Barnyard Teater.
Studio Cha: 
  • Lee het in Januarie 2015 aangesluit by Studio Cha as die eerste manlike afrigter.
  • Met sy professionele ondervinding van byna 10 jaar in die musiek bedryf beloof hy om sy studente onder sy vlerke te neem en om net die beste uit hulle te bring. “My klaskamer is die plek en tyd om foute te maak sodat my studente met kompetisies foutloos is”. 
  • Lee geniet die tyd saam sy studente en streef na die beste vir elke student. Hy is trots om sy naam te Koppel aan so n PRESTIGE studio soos Studio Cha
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede: 
  • Lee het in Augustus 2010 sy debuut album vrygestel  deur EMI genaamd “Die Enigste Manier”.  Die album was genomineer vir ‘n SAMA  en ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning vir “Beste Afrikaanse Pop Album”. 
  • Sy lied “We Can Try” was vir 9 weke nommer  1 op Radio Rippel 90.5 (nou bekend as Groot fm 90.5)
  • In 2012 hou Lee sy gesig akteur en speel in die KykNet kortfilm, “Drukkersbloed”
  • Lee was ook al gevra om by die 2012 SAFTA Toekennings (South African Film and Televison Awards) op te tree
  • In 2013 stel Lee sy 2de solo album vry met die titel “Vir Ewig”.
  • Lee was ook te siene in die grootste Afrikaanse musiekblyspel by die Staats Teater , “Reik Na Die Sterre” in 2014 waar hy die rol van Leon vertolk het
  • Lee is ook ‘n TV aanbieder vir die gewilde KykNet program “Sêr” en doen ook so af en toe vir BRAVO aanbieding.
  • Lee het die verhoog al gedeel met bekendes soos Kurt Darren, Emo Adams, Andre Schwartz om maar net n paar te noem.
  • In 2013 het Lee sy international loopbaan in Nederland afgeskop.
Persoonlik: 
  • Lee woon tans in Pretoria.