Chantalle Schutte

Stigter, Bestuurder en Afrigter

Stigter, Bestuurder en Afrigter

Agtergrond: 
  • Chantalle was gebore op 22 Semptember 1983 in Pretoria. Sy het haar laerskool dae deurgebring by Laerskool Rooihuiskraal – waar sy haar kultuur talente ontdek het en aktief begin ontwikkel het onder leiding van Amanda Fouché (Kultuur Hoof van L/S Rooihuiskraal). As Graad 7 leerling het sy ‘n album vrygestel genaamd “Lollipop”.
  • By Hoërskool Zwartkop kon sy verder haar liefde vir kultuur uitleef en het aan ‘n verskeidenheid van kultuur aktiwiteite deelgeneem. Chantalle was aangewys as Die Veelsydigste Kultuur Leerling van Graad 8 tot 11. In 2000 was sy aangewys as die Best Bilingual Orator in Northern-Gauteng en in 2001 was sy die wenner van Tehila, Radio Kansel se nasionale Gospel sang kompetisie.
  • Chantalle was ook deel van ‘n sang groep De Ja Vu, onder leiding van Sharleen Schalkwyk. Dit was gedurende hierdie tyd waar sy as Graad 11 leerling Studio Cha begin het.
Studio Cha: 
  • Studio Cha het begin met 2 studente (Elmari van der Merwe & Chanté van der Westhuizen) met lesse wat aangebied was op ‘n Saterdag oggend! Alhoewel Studio Cha net 2 studente gehad het, het almal geweet wie hulle is en het hulle (soos vandag nog!) gesorg vir groot opsprake.
  • Studente getalle het gegroei en daar was ‘n behoefte om ‘n nuwe afrigter tot die span te voeg. In 2007 het Carlé van Deventer by Studio Cha aangesluit as afrigter en in 2009 het Nica Strydom aangesluit as nog ‘n afrigter. Huidiglik is Chanté Retief die volgende formele Studio Cha afrigter in opleiding. Vandag staan Studio Cha se studente getalle op ±75 studente.
  • Chantalle het ‘n passie en gawe vir sang afrigting. Sy ervaar Studio Cha as haar bediening en ‘n meganisme waardeur sy haar lewensdoel kan leef. Deur sang afrigting kan sy vorm aan elke student se selfbeeld en word sy geinspireer wanneer ‘n student se idee van hom/haarself begin verander en hulle besef “EK KAN!”.
Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede: 
  • Chantalle het ‘n spesiale gawe en liefde vir Gospel musiek en was aangewys as wenner van beide Tehila in 2000 en Jubelate in 2004, Radio Kansel se nasionale Gospel sang kompetisies.
  • Studio Cha is ook geseën met uitsonderlike prestasies wat insluit: 4 keer aangewys as die Beste Sang Studio deur die PTA Beeld Eisteddfod en 5 keer aangewys as die Beste Private Studio in Tshwane deur die National Eisteddfod Academy.
  • In 2002 het Chantalle ook haar akademiese loopbaan by die Universiteit van Pretoria begin volg en verwerf die volgende kwalifikasies: BCom Kommunikasie Bestuur, BCom (Hons) Kommunikasie Bestuur en MCom Kommunikasie Bestuur. Sy was as top student vir haar kursus bekroon op vele geleenthede.
Ander Belangstellings: 
  • Chantalle leef ook haar liefde en talent vir Kommunikasie Bestuur uit en spesialiseer huidiglik in kerk kommunikasie. In 2010-2013 was sy betrokke by Doxa Deo en tans (vanaf Maart 2013) assisteer sy die AGS (Apostoliese Geloof Sending) van SA se nasionale kantoor met strategiese kommunikasie.
Persoonlik: 
  • Chantalle is  getroud met Christie Schutte en hulle het twee kinders, Christopher (6) en Chloe (1). Hulle bly tans in Arcadia, Pretoria.